KLAS EN TYD AF

WERKS URE VAN BALLET SKOOL
Anma School of Ballet se werks ure wat u haar telefonies kan kontak is:
Maandag tot Donderdae
08h00 – 18h00
Image

KLAS INFORMASIE

  • Ballet klas is een keer ‘n week vir 30 minute, vir die ouderdom 3-4 jaar en 5-6 jaar, ongelukkig nie vir 2-3 jariges.


  • Indien student ‘n klas nie bywoon is dit nie die verantwoordelikheid van die ballet skool om die verlore klas tyd te vervang.


  • Anma sal seker maak om met die verskeie klas juffrouens te reël om die ballerinas te neem vir ‘n besoek aan die badkamer voor die klas begin. Die klas is 30 min lank en om tyd te spandeer weg van die klas maak ons dans tyd minder.


  • Ongelukkig geen doeke word toegelaat in die ballet klas, die ballerina moet alreeds ‘gepotty train’ wees.


  • Geen ouers word toegelaat in die klas.


  • Ballet is ‘n kuns; ek strewe om my studente die beste tegniek, postuur, musiek waardering asook respek te toon. Respek kom van twee kante, indien ek op enige stadium vind dat die student nie respek toon teenoor haar maats of my, het die ballet skool die reg om onderrig te wyer.


  • Bring asb ‘n water bottel saam na die klas. Geen kos word toegelaat tydens klas tyd.


  • Anma school of Ballet is nie verantwoordelik om die ballerina aan te trek vir klas.



FOTO’S & SOSIALE MEDIA

  • Daar word fotos van tyd tot tyd geneem asook video materiaal. Hierdie word gebruik vir Anma School of Ballet se Fb blad en sosiale media. Dra asb kennis hiervan. Indien u nie ten gunste is hiervan stel my in kennis sodoende sal ek verseker u kind is nie in die materiaal blootgestel.

 

TYD AF

  • Anma School of Ballet het die reg om te sluit tydens deelname aan Eisteddfod, Eksamen, Rehearsals of ballet kurses wanneer Anma teenwoordig moet wees. Hierdie wat van tyd tot tyd gebeur kan u kind se klas tyd beinvloed. Bogenoemde klas tyd sal nie kan vervang word asgv logistieke redes. Hierdie bywonig is belangrik om ‘n hoë standaard van onderig te verseker.

  • Anma Botha is geregtig op siek verlof. Indien sy nie die klas kan aanbied as gevolg van siekte, sal sy U persoonlik in kennis stel. Hierdie klas tyd sal nie opgevang word nie.

  • Anma School of Ballet is gesluit gedurende skool vakansies en publieke vakansie dae.



BALLET SKOOL OPEN       27 Januarie 2025

BALLET SKOOL SLUIT       28 Maart 2025

 

BALLET SKOOL OPEN       9 April 2025

BALLET SKOOL SLUIT        27 Junie 2025

 

BALLET SKOOL OPEN        22 Julie 2025

BALLET SKOOL SLUIT         3 Oktober 2025

 

BALLET SKOOL OPEN        13 Oktober 2025

BALLET SKOOL SLUIT         5 Desember 2025


Eskamens en Eisteddfod

Hierdie ouderdoms groep neem nie deel aan Eksamens of Eisteddfod’s.

 

KENNISGEWING

Indien u op ‘n stadium besluit om nie met ballet voort te gaan moet u asb skriftelike kennis gee. ‘n Maand kennis word verlang.