KLAS EN TYD AF

KLAS INFORMASIE

  • Ballet klas is een keer ‘n week vir 30 minute, vir die ouderdom 3-4 jaar en 4-5 jaar, ongelukkig nie vir 2-3 jariges.


  • Indien student ‘n klas nie bywoon is dit nie die verantwoordelikheid van die ballet skool om die verlore klas tyd te vervang.


  • Geen ouers word toegelaat in die klas.


  • Ballet is ‘n kuns; ek strewe om my studente die beste tegniek, postuur, musiek waardering asook respek te toon. Respek kom van twee kante, indien ek op enige stadium vind dat die student nie respek toon teenoor haar maats of my, het die ballet skool die reg om onderrig te wyer.


  • Bring asb ‘n water bottel saam na die klas. Geen kos word toegelaat tydens klas tyd.


  • Anma school of Ballet is nie verantwoordelik om die ballerina aan te trek vir klas.



FOTO’S & SOSIALE MEDIA

  • Daar word fotos van tyd tot tyd geneem asook video materiaal. Hierdie word gebruik vir Anma School of Ballet se Fb blad en sosiale media. Dra asb kennis hiervan. Indien u nie ten gunste is hiervan stel my in kennis sodoende sal ek verseker u kind is nie in die materiaal blootgestel.

 

TYD AF

  • Anma School of Ballet het die reg om te sluit tydens deelname aan Eisteddfod, Eksamen, Rehearsals of ballet kurses wanneer Anma teenwoordig moet wees. Hierdie wat van tyd tot tyd gebeur kan u kind se klas tyd beinvloed. Bogenoemde klas tyd sal nie kan vervang word asgv logistieke redes. Hierdie bywonig is belangrik om ‘n hoë standaard van onderig te verseker.

  • Anma Botha is geregtig op siek verlof. Indien sy nie die klas kan aanbied as gevolg van siekte, sal sy U persoonlik in kennis stel. Hierdie klas tyd sal nie opgevang word nie.

  • Anma School of Ballet is gesluit gedurende skool vakansies en publieke vakansie dae.



BALLET SKOOL OPEN       26 Januarie 2026

BALLET SKOOL SLUIT       27 Maart 2026

 

BALLET SKOOL OPEN       13 April 2026

BALLET SKOOL SLUIT        26 Junie 2026

 

BALLET SKOOL OPEN        21 Julie 2026

BALLET SKOOL SLUIT         23 September 2026

 

BALLET SKOOL OPEN        6 Oktober 2026

BALLET SKOOL SLUIT         9 Desember 2026


Eskamens en Eisteddfod

Hierdie ouderdoms groep neem nie deel aan Eksamens of Eisteddfod’s.

 

KENNISGEWING

Indien u op ‘n stadium besluit om nie met ballet voort te gaan moet u asb skriftelike kennis gee. ‘n Maand kennis word verlang.